Simmetrie

’n Figuur wat van bo na onder, van links na regs en langs altwee diagonale simmetries is.

Simmetrie (van die Griekse συν, "saam", en μετρον, "maat") by ’n voorwerp is wanneer twee helftes van die voorwerp mekaar se spieëlbeeld is. Dit kan geld vir ’n punt, lyn of plat vlak.

  • Die letter A is simmetries ten opsigte van die vertikale as.
  • Die letter B is simmetries ten opsigte van die horisontale as.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne